NG KERK JEFFREYSBAAI LOGO png-1

Hulp En Hoop

Versorging

Hierdie aspek van die bediening word mense in nood ondersteun en opgebou. Ons hoop jy sal deel raak van hierdie groot werk. 

  • Barmhartigheid 
    Hierdie span fokus op gesinne in nood, kinders by plaaslike skole asook noodverligting. 
     
  • Versorgingsbehoeftes 
    Versorging en behandeling soos voetversorging, bloeddruk metings en ander versorging word gedoen vir beter lewenskwaliteit. 
     
  • Vrouebediening (Diens) 
    Hierdie bediening fokus op versorging, uitreike en hulp aan vroue in Jeffreysbaai. 
     
  • SOS 
    Hierdie bediening staan vir: Siekes, Oues van dae, Sorgbehoewendes en dit is waarop hierdie bediening fokus. 
     
  • Noodspens 
    Hierdie bediening het ‘n groot fokus op behoeftige gesinne. Die noodspens gee maandeliks kospakkies aan gesinne. Die verspreiding van hierdie pakkies word deur gemeentelede behartig. 
     
  • Ondersteuning Groepe 
    Hierdie bediening help met die ondersteuning van senior lidmate, alzheimersiekte en sterwens ondersteuning. 
underline-wave.png

Getuienis

Die Getuienisbediening streef daarna om die NG Gemeente Jeffreysbaai te help om as gemeente aktief by alle aspekte van sending betrokke te wees. 

Matteus 28:19 roep die Kerk tot evangelisasie en dissipelskap tot aan die eindes van die aarde. Ons is getrou in hierdie roeping! 

“Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Mat. 28:19-20 

Die doelwitte van Getuienisbediening is: 

  • Om die Gemeente van Jeffreysbaai bewus te maak van haar gestuurdheid. (Mark. 16:15-16; Mat. 28:18-20; Hand. 1:8; Joh. 20:21) 
  • Om die Gemeente te help om plaaslik die evangelie prakties uit te dra en uit te leef. (1 Kron. 16:23; Ef. 6:4,15;2 Tim. 1:8 en 4:2, 1 Pet. 2:9) 
  • Om sendelinge te bemoedig en finansieel te ondersteun (3 Joh. 6-8) 

Groepe

Groeigroepe

Groei dieper in jou verhouding met God. Word deel van ‘n groep, word deel van ons familie! 

Omdat ons so ‘n groot (Makro) gemeente is, glo ons dat dit vir elke lidmaat belangrik is om op ‘n manier deel te wees van ‘n kleiner (Mikro) groep, waar elkeen geestelik kan groei, dieper verhoudings met medegelowiges kan hê en mekaar daar kan ondersteun. 

Daar is tans verskeie aktiewe groepe in Wavecrest, Noorsekloof, Astonbaai, C-plek en Paradysstrand. Hierdie groepe kom nie net weekliks bymekaar nie, maar hulle lewer ook praktiese diens binne en buite die gemeente. 

Elke jaar vanaf Julie-September fokus ons opnuut op hierdie bediening om nuwe groepe te vestig en die bestaande groepe te mobiliseer, vul en toerus. 

Indien jy deel wil word van ‘n groep, kontak ons.

underline-wave.png

Belangegroepe

Belangegroepe is groene wat op gereelde basis bymekaar kom om hulle stokperdjie, 
sport of liefde vir ’n belangstelling te deel. 

 

Families

Kinders

Kinders van die doeke af tot Gr 6

Kinders is vir ons belangrik en ons glo die omgewing waar hulle God beleef speel ‘n groot rol. Ons omgewings is ingerig om kinders in te trek, te laat uitsien en opgewonde te maak om daar te wees.

Ons lesse, waarhede, Bybelstories en aktiwiteite word op ‘n praktiese en verstaanbare manier vir hulle ouderdom uitgewerk. Ons wil vir kinders die plek en geleentheid bied om in n verhouding met Jesus Christus te kan groei.

 

Ons kinderbediening vind plaas tydens ons 9:00 erediens by die Kompleks Kampus.

Tieners

Gefokus op Gr7-12 jongmense

By JONK is verhoudings met mekaar van kardinale belang om ons Christenskap elke dag “onbeskaamd” uit te lewe.

Hierdie groep gebruik die “LIG-App” om saam te groei op Sondae asook in die week.

 

JONK vind plaas om 18:00 by die Kompleks Kampus.

Ons verwelkom ook gesinne gedurende die erediens.

Manne en Vroue

In die warboel van ons gejaagde wêreld is die uitdaging en eise wat aan ons manwees en vrouwees gestel word elke dag besig om toe te neem.

Kom vind saam met ons die balans en ritme tussen verskeie rolle wat ons moet uitleef.

Ons bied in die jaar verrykings geleenthede aan asook ‘n manne- en vrouekamp.

Seniors

Seniorbediening is ‘n spesiale bedieninge van programme, en aktiwiteite wat spesifiek ontwikkel is vir bejaardes (65 jaar en ouer) binne ons geloofsgemeenskap.

Ons Senior bedieninge fokus op onderlinge versorging en uitreik na mekaar. Ons het ook ‘n Seniorbedienings geleenthede waar ons toegerus word en aangemoedig word om selfs in hierdie fase van die lewe ‘n huppel-in-die-stap te kan hê.

Indien jy wil deel word, kontak die kerkkantoor.

Steundienste

Finansies

Ons Finans-bediening hanteer, ondersteun en bestuur die finansiële hulpbronne van die gemeente volgens ons visie en strategiese plan. Dit is ‘n kritiese funksie wat die doeltreffende bestuur van openbare fondse, belastinginkomste en begroting omvat om die behoeftes van die gemeenskap te bevredig.

Hierdie bekwame span se rol is:

  • Begrotingsopstelling en -bestuur
  • Leiding en ondersteuning vir ons bedienings
  • Finansiële verslagdoening en bestuur
  • Beleggingsbestuur
  • Toepassing van ons finansiële regulasies

 

Ons glo dat deurdagte finansiële bediening is essensieel vir die gesonde werking van ‘n gemeente. Vir meer inligting Kontak Ons.

Voorsitter: Christo Serfontein
Leraar verantwoordelik: Ds Joe Janse van Rensburg

Diensverhoudinge

Diensverhoudinge het ‘n strategiese rol tot die bestuur van personeel binne die gemeente. Hierdie bediening dek ‘n wye spektrum van aktiwiteite, insluitend: aanstellings voorstelle, opleiding, prestasiebestuur, beloning, arbeidsverhoudinge, en die algehele sorg vir die menslike kant van die gemeente.
Ons diensverhoudinge werk baie nou saam met die Gemeenteraad om ons leraars en personeel te dien en te ondersteun.
Vir meer inligting Kontak Ons

Voorsitter: Ruanne Jamieson
Leraar verantwoordelik: Ds Joe Janse van Rensburg

 

Uitvoerendespan

Ons Uitvoerendespan kom weekliks bymekaar op ‘n Dinsdag om saam te bid en te beplan.

Die Uitvoerendespan se fokus is die volgende:

  • Mobiliseer lidmate asook die leiers vir diens/dissipelskap.
  • Verantwoordelik vir die ontwikkeling en bestuur (beplanning, organisering, leiding en monitering) van die strategiese plan in samewerking met die bedieningsleiers en Gemeenteraad.
  • Verantwoordelik vir die uitvoering van die visie in samewerking met die bedieningsleiers.
  • Versorging en ondersteuning van alle bedieningsleiers.
  • Aanspreeklik vir die intensionele skep van `n kultuur en etos van die gemeente.
  • Dag tot dag bestuur van alle aktiwiteite van die gemeente.