Hierdie aspek van die bediening word mense in nood ondersteun en opgebou. Ons hoop jy sal deel raak van hierdie groot werk.
Matteus 28:19 roep die Kerk tot evangelisasie en dissipelskap tot aan die eindes van die aarde. Ons is getrou in hierdie roeping!
“Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Mat. 28:19-20
Die sendingbediening streef daarna om die NG Gemeente Jeffreysbaai te help om as gemeente aktief betrokke te wees by alle aspekte van om “gestuur” te wees.
’n Stuursel is ’n WhatsApp-groep wat die belange van ’n spesifieke bediening dra. As jy deel is van die groep, ontvang jy gereelde inligting oor die bediening: wat daar gebeur, watter behoeftes daar is en hoe jy kan help.
Die doel van ’n stuursel is eenvoudig:
Die kommunikasie wat op die stuursel gedeel word, gaan nie altyd na die hele gemeente toe nie. Daarom is dit belangrik om deel van die WhatsApp-groep te wees as jy regtig wil weet wat aangaan en hoe jy kan ondersteun.

Joshua Project is ’n veilige hawe vir kwesbare kinders in die Kougagebied. Hier kry hulle kos, onderwys, mentorskap en geestelike begeleiding – alles wat hoop bring en ’n toekoms bou.
As gemeente wil ons saam met Joshua Project staan:
Bid vir die kinders en die span wat hulle daagliks ondersteun.
Deel jou gawes – of dit jou tyd, vaardighede of hulpbronne is.
Word betrokke en help om lig te bring in ’n kind se lewe.
Sluit by ons WhatsApp-
groep aan (QR-kode) om
gereeld nuus, gebedspunte en
geleenthede te ontvang.
Makukhanye Skool
Makukhanye Primêr in Jeffreysbaai bedien meer as 1 200 leerders. Baie kinders kom uit uitdagende omstandighede, maar die skool bied ’n plek van leer en groei. Ons gemeente raak betrokke deur buitemuurse aktiwiteite soos koor- en sokkerafrigting, en ook deur uitreike op Saterdae waar kos aan kinders gegee word.
Ons staan saam met Makukhanye:
Bid vir die onderwysers en leerders.
Deel jou gawes in sport, musiek of praktiese hulp.
Word betrokke by Saterdag-uitreike.
Sluit by ons WhatsApp-groep aan (QR-kode) vir nuus en gebedspunte.

Nyathi-Uitreik
Nyathi-Uitreik fokus op evangelisasie en gemeenskapsontwikkeling wat hand aan hand loop.
Ons gemeente neem jaarliks aan ’n uitreik deel waar mense prakties betrokke kan raak. Die visie is om ’n langtermynbediening te bou wat hoop bring en gemeenskappe versterk
.
Ons staan saam met Nyathi:
Bid vir die span en gemeenskappe.
Deel jou gawes tydens die jaarlikse uitreik.
Word betrokke by die langtermynvisie.
Sluit by die WhatsApp-groep aan
(QR-kode) vir nuus en
gebedspunte.

Mosambiek – Muapula
In Muapula, Noord-Mosambiek, werk sendelinge aan Bybelvertaling en opleiding vir die Makhua-gemeenskap. Hulle bring God se Woord in die plaaslike taal en bou gemeentes wat die evangelie uitleef.
Ons staan saam met Muapula:
Bid vir die vertalers en gemeentes.
Deel jou gawes om hierdie werk te ondersteun.
Word betrokke en help die lig van
Christus versprei.
Sluit by die WhatsApp-groep aan
(QR-kode) vir nuus en
gebedspunte.

Indië – Chennai
In Chennai ondersteun ons die bediening Echo of His Call, wat gemeentes plant, kinders ondersteun en die evangelie deel. Ons gemeente beplan ook elke paar jaar ’n uitreik na Indië, waar mense prakties kan deelneem.
Ons staan saam met Chennai:
Bid vir Echo of His Call en die gemeentes.
Deel jou gawes om die bediening te dra.
Word betrokke en hou ons kommunikasie dop i.v.m. die volgende uitreik.
Sluit by die WhatsApp- groep aan
(QR-kode) vir nuus en
gebedspunte.

Feba Radio
Feba Radio is deel van ’n wêreldwye bediening wat die evangelie deur radio, digitale media en gemeenskapsprojekte versprei. Hulle bereik miljoene mense in lande waar die evangelie moeilik gehoor word.
Ons staan saam met Feba Radio:
Bid vir die span en die luisteraars.
Deel jou gawes om die bediening te ondersteun.
Word betrokke en help die goeie nuus versprei.
Vind meer uit by:
www.febaradio.co.za