4X4 BELANGEGROEP
Word deel! WhatsApp “4×4” na 076 455 1690
JBAY STAPPERS
Groei dieper in jou verhouding met God. Word deel van ‘n groep, word deel van ons familie!
Omdat ons so ‘n groot (Makro) gemeente is, glo ons dat dit vir elke lidmaat belangrik is om op ‘n manier deel te wees van ‘n kleiner (Mikro) groep, waar elkeen geestelik kan groei, dieper verhoudings met medegelowiges kan hê en mekaar daar kan ondersteun.
Daar is tans verskeie aktiewe groepe in Wavecrest, Noorsekloof, Astonbaai, C-plek en Paradysstrand. Hierdie groepe kom nie net weekliks bymekaar nie, maar hulle lewer ook praktiese diens binne en buite die gemeente.
Elke jaar vanaf Julie-September fokus ons opnuut op hierdie bediening om nuwe groepe te vestig en die bestaande groepe te mobiliseer, vul en toerus.
Indien jy deel wil word van ‘n groep, kontak ons.
Belangegroepe is groene wat op gereelde basis bymekaar kom om hulle stokperdjie,
sport of liefde vir ’n belangstelling te deel.